“Vinkel en Koljander” is ’n opwindende samekoms van twee kunstenaars vanuit teenoorgestelde spektrums van ons land se musiek. Andriëtte het ’n reuse stem. Schalk is ’n baskitaar-virtuoos. En die oomblik wanneer hulle saam begin musiek maak, maak alles sin. Hulle pak ’n intieme, dog energieke reis aan waarin hulle hul eie musiek en van vele Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Johnny Clegg en Miriam Makeba tot dié van internasionale sterre soos Paul Simon besoek. Schalk kan dit speel, Andriëtte kan dit sing. Dié produksie, met van Suid-Afrika se beste musikante, beloof om opwindend, insiggewend en van die hoogste gehalte te wees.

Saam met hulle op die verhoog:  Janine Neetling is op die klavier en Hugo Radyn op tromme.

20 en 21 Junie. Kaartjies R130