Vier Bekendes, Vriendinne, Vier Verhale, Vier Seisoene…van Vrouwees!

Bekendes soos Nadia Beukes, Leandie du Randt, Valeska Muller en Ulricke Loubser span hul kragte saam om ‘n inspirerende werkswinkel vir dames aan te bied by die Atterbury Teater in Pretoria. Elkeen se temas is uniek om aan te pas by die verskillende seisoene van vrouwees.

Soos die dames byvoeg: “Êrens op ‘n stofpad, lang pad, teerpad, het hierdie vier paaie gekruis. Dames, dromers en dienaars van God. Dis ‘n pad na hernuwing, herstel en na hoop… oppad na ‘n plek waar ons, ons Vrouwees kan vier”

Die werkswinkel sluit inspirerende praatjies van al 4 dames in asook ‘n middagete om saam met hulle te kuier.