Is jy moeg vir al die stories oor die melodrama met die parlementsopening? Hier is ’n ander kykie: voor Prez Zuma se staatsrede het die nimlike aartspolitikus Tannie Evita Bezuidenhout saam met ‘n paar voorste musikante ‘n video gemaak oor wat hulle graag wil sien gebeur.

Karen Zoid, Hemelbesem en Zolani Mahola van die groep, Freshly Ground, het kragte saam met Tannie Evita Bezuidenhout gespan en ʼn musiekvideo in die week van staatsrede vrygestel.

In die liedjie, Song for tomorrow, stel dié groep bekendes die kwessies wat Suid-Afrikaners wil hê aangespreek moet word tydens vanjaar se staatsrede.

Die musiekvideo vorm deel van Tannie Evita en die satirikus, Pieter Dirk-Uys, se #commityourselfie-veldtog wat in Januarie van stapel gestuur is. Hulle het tydens die veldtog standpunt ingeneem teenoor oor korrupsie en pessimisme in die land.

Tannie Evita het Suid-Afrikaners ook aangemoedig om ʼn selfie te neem waar hulle president Zuma en die regering vra om gesteelde geld terug te betaal en aan te wend vir die opbou van die land. Die foto’s is ook deel van die musiekvideo

Hier is die musiekvideo:

Die storie het oorspronklik verskyn op Maroela Media se webwerf:

http://maroelamedia.co.za/blog/vermaak/musiek/video-karen-zoid-en-tannie-evita-sing-hulle-wense-vir-zuma-se-staatsrede/