Ter viering van die 7de Versnitkonsert is ‘n spesiale Versnit Herinneringsboek geskep wat Versnit tussen 2012 en 2017 uitbeeld. Gaste het tydens Versnit 2018 elk ‘n gedrukte boek ontvang.

Blaai hieronder deur die Versnit Herinneringsboek.

 

Versnit 2018 foto’s

Die jaarlikse Versnitkonsert op die wonderskone Rust en Vrede landgoed, ten bate van Atterbury Trust, het op 20 Januarie 2018 plaasgevind. Almal is dit eens, dit was weer ‘n sielsbevredigende, genotvolle geleentheid vir samesyn, die beste Afrikaanse musiek en heerlike wyn. Baie dankie ook aan die ruimhartige bydraes wat ons reeds van gaste ontvang het. Ons het ook ‘n gedrukte Versnit Herinneringsboek (2012 – 2017) aan gaste uitgedeel.