Vanaf 2009, brand ‘n vuur van musiek en energie in Suid Afrika.

ABLAZE!

ABLAZE! bring iets splinternuuts na die Gospelmusiekmark. ‘n Diverse groep wat in eenheid saamstaan en tot elke hart spreek, jonk en oud. In 2017 reik ABLAZE na nuwe hoogtes en nooi 19 kunstenaars om die verhoog met hulle te deel vir ‘n onvergeetlike aand van musiek terapie. Met Ruben Delmage van Groot FM as Master of Ceremonies en ‘n volledige professionele orkes onder leiding van die musiek maestro Riaan Eloff, kan jy verseker wees van ‘n aand propvol verwondering, genot en verrassing – ‘n musikale “overload”.

Kom geniet hierdie aand saam met ons op 26 Junie 2017, 19h30 by die Atterbury Teater in Lynwood Pretoria.

Jy sal verseker nie onveranderd uit hierdie vertoning stap nie.