17 Mei 2018, 20:00 – 22:00

R150 – R175

Kort op die hakke van hul eerste weghol sukses album, Piekniek vir Twee, volg die kykNET Afri-Visie wenners, TWEE, se volgende album, SIRKELS. Herman en Maria se unieke en eerlike vertolking van hulle liedjies het gou gehore se harte gesteel! Luisteraars kan huil, dans, glimlag, nostalgies wees, om die braaivleisvuur kuier of alleen met oorfone stil wees en luister. Herman noem dat hy juis weer kies om nie die stories te deel wat hom inspireer het om die liedjies te skryf nie, omdat hy wil hê die luisteraar moet na aanleiding van hul eie ervaringe aanklank vind by die lirieke en universele temas.

Herman hou hom selfs rymkletser op een van die liedjies en skerts: “As Ed Sheeran dit kan doen, kan hierdie gemmer mos ook! Ek sit op elke album altyd ’n lukrake liedjie waarmee ek sommer net die waters toets. Ek is werklik opgewonde om die luisteraars se opinie hieroor ook te hoor.” Maria sê: “Dit is amper onmoontlik om liedjies uit te sonder op die album – Herman het alweer getoor met sy pen!” Herman is die primere liedjieskrywer vir TWEE, maar ons is opgewonde om aan te kondig dat Maria haar eerste liedjie bygedra het tot die album.

Herman self skryf ook vir ander bekende kunstenaars wat sy unieke skryfstyl leer ken en vertrou het oor die afgelope paar jare. Die opname van die album is behartig deur Jurgen von Werchmar van Sunset Studios wat weer die vars, rou en onopgesmukte duo se klank kon vasvang.

Kunstenaars: Herman Kleinhans en Maria Rademan-Viviers

17 Mei 2018, 20:00 – 22:00 Atterburyteater