Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg. Waar daar ’n kwaal is, is daar ’n oplossing. Danksy die goedgunstigheid van die groeiende span deelnemende dokters en medewerkers wat vrywillig betrokke is by die Triomfkliniek, kry die behoeftige mense van Danville wêreldklas sorg sonder enige onkoste.

Sedert die Triomfkliniek verlede jaar sy deure oopgemaak het, groei die dienste stadig maar seker en die lys van samewerkende verskaffers wat vir kwalifiserende pasiënte gratis diens aanbied, het ook uitgebrei. Volgens klinieksuster Adelene Boshoff is daar nou reeds tien dokters op die span – drie dermatoloë, drie oor-neus-en-keel spesialiste, ’n ginekoloog, internis, rumatoloog en ’n algemene praktisyn. “Ons wag om te hoor van ’n tandarts met ’n mobiele kliniek, ’n psigiater en ’n oogspesialis, so hopelik sal ons hierdie dienste binnekort ook kan aanbied. Dan kort ons amper net ’n teater!”

Gratis dienste word geskenk deur Medicross in Pretoria-Wes, vir X-strale en binnekort ook sonar; Lancet help sonder koste met bloedtoetse, analise van ginekologiese ondersoeke soos papsmere, en histologie op moesies en ander velgroeisels wat verwyder word. Cansa is ook gereeld betrokke by velondersoeke in samewerking met die dermatoloë.

Die kliniek word steeds op ’n afspraak-alleenlik basis bedryf, omdat die dokters tyd inruim in hulle bestaande skedules, verduidelik Adelene. Pasiënte wat kwalifiseer moet eers ’n verwysing kry by een van die deelnemende maatskaplike organisasies soos die Christelik Maatskaplike Raad, Solidariteit Helpende Hand en deelnemende skole in die omgewing. Daarna kan hulle die kliniek skakel en ’n afspraak maak vir wanneer die betrokke dokter weer op kliniek is. “Ons het al omtrent 154 pasiënte gehelp sedert die kliniek in Augustus 2014 oopgemaak het. Baie van hulle kom meer as een keer, soos byvoorbeeld diegene wat die dermatoloë sien en opvolgbesoeke nodig het na klein prosedures; maar daar kom nou al hoe meer nuwe pasiënte. En daar is altyd plek vir nog,” sê Adelene.

Die huidige skedule lyk as volg:

[gdlr_styled_box background_color=”#2c62ac” corner_color=”#183967″ ]

[gdlr_heading tag=”h3″ size=”18px” color=”#ffffff” font_weight=”bold”]Algemene praktisyn [/gdlr_heading]

Elke Maandagoggend 09:00; indien nodig verwys die dokter ‘n pasiënt na spesialiste. Bel vir ’n afspraak.

[/gdlr_styled_box]

[gdlr_styled_box background_color=”#2c62ac” corner_color=”#183967″ ]

[gdlr_heading tag=”h3″ size=”18px” color=”#ffffff” font_weight=”bold”]Internis [/gdlr_heading]

Elke Donderdagmiddag 13:00. Hier word gekyk na hoë bloeddruk, diabetes, niere, longe, hart en fisiologie van die liggaam.  Bel vir ’n afspraak.

[/gdlr_styled_box]

[gdlr_styled_box background_color=”#2c62ac” corner_color=”#183967″ ]

[gdlr_heading tag=”h3″ size=”18px” color=”#ffffff” font_weight=”bold”]Ginekoloog [/gdlr_heading]

Elke drie maande. Bel vir afspraakdatums.

[/gdlr_styled_box]

[gdlr_styled_box background_color=”#2c62ac” corner_color=”#183967″ ]

[gdlr_heading tag=”h3″ size=”18px” color=”#ffffff” font_weight=”bold”]Rumatoloog [/gdlr_heading]

Een keer per maand. Hier word rumatiek behandel. Skakel vir afspraakdatums.

[/gdlr_styled_box]

[gdlr_styled_box background_color=”#2c62ac” corner_color=”#183967″ ]

[gdlr_heading tag=”h3″ size=”18px” color=”#ffffff” font_weight=”bold”]Dermatoloë [/gdlr_heading]

Elke drie maande, die drie dokters wissel mekaar af. Skakel vir afspraakdatums.

[/gdlr_styled_box]

[gdlr_styled_box background_color=”#2c62ac” corner_color=”#183967″ ]

[gdlr_heading tag=”h3″ size=”18px” color=”#ffffff” font_weight=”bold”]Oor- Neus- en Keelspesialiste[/gdlr_heading]

Elke drie maande, die drie dokters wissel mekaar af. Skakel vir afspraakdatums.

[/gdlr_styled_box]

[gdlr_styled_box background_color=”#2c62ac” corner_color=”#183967″ ]

[gdlr_heading tag=”h3″ size=”18px” color=”#ffffff” font_weight=”bold”]Kontak[/gdlr_heading]

Vir meer inligting kontak Adelene Boshoff by die kliniek op 012 327 7818

[/gdlr_styled_box]