Triomfkliniek2022-01-21T11:04:35+02:00

Uitnemende sorg met waardigheid

Triomf is ’n mediese diensprogram – wat in die vorm van ’n kliniek in die weste van Pretoria gestalte aangeneem het.

Dit is die resultaat van ’n samevloeiing van idees vanaf ’n groep medici wat die kritieke tekortkominge in gesondheidsorg vir die minderbevoorregte inwoners van Pretoria-Wes as ‘n knellende behoefte identifiseer het. Die doel is om ’n infrastruktuur te vestig wat as platform sal dien vir mediese praktisyne om hulle mediese dienste kosteloos aan hulpbehoewendes lewer.

’n Uitgebreide reeks spesialisdienste is beskikbaar en die kliniek poog om behoeftige mense sonder mediese fondse by te staan met die veronderstelling dat die nodige verwysingsprotokol deur middel van verwysende organisasies gevolg is.

Samewerkende Organisasies

Rolspelers van Triomf bestaan uit:

Die projek is van so aard dat daar enige tyd belangegroepe kan deelneem en betrokke raak by die projek, hetsy vir die lewering van dienste of skenking van toerusting of kundigheid. Die moontlikheid word oopgehou om die kliniek uit te brei om forensiese maatskaplike werk ook te betrek.

Hoe ons werk

Verwysingsmodel

  • Die kliniek sal tydens die aanvangsfase nie inloop pasiënte en noodgevalle, soos by staats-en privaat hospitale, behandel nie, maar ’n diens lewer aan pasiënte wat deur die samewerkende organisasies verwys is na die kliniek.
  • Slegs geïdentifiseerde liefdadigheidsorganisasies, soos goedgekeur deur die Triomfraad van trustees, sal toegelaat word om verwysings te handhaaf en die kliniekte besoek.
  • Verwysingsprotokol beskikbaar – word strend gevolg en is beperk tot organisasies met verwysingsmagte.

Platform van Dienslewering

  • Basiese/primêre mediesesorg: Verkoue, griep, ontstekings en infeksies.
  • Polikliniek – algemene praktisyns – halfdagsessies
  • Spesialis klinieke: Interne Geneeskunde , Dermatologie, Pediatrie (Dienste wat nie intensiewe mediese toerusting verg nie.)
  • Tandheelkunde
  • Maatskaplike dienste
  • Prosedurekamer

Mediese Samewerking

  • Geneeshere word uitgenooi om gratis dienste te lewer as volg:
    • Poli-kliniek – soggens (GPs)
    • Spesialisklinieke – middae
      • Ortopedie kliniek
      • Velkliniek
      • Oor-, neus- en keelkliniek
      • Interne geneeskunde kliniek (diabetes/bloeddruk/skild klier)
      • Ginekologie kliniek
      • Psigiatrie kliniek

* Bg Klinieke word maandeliks aangebied – Pasiënte moet tipies eers deur Polikliniek gesien word en dan verwys word. Kan ook deur direkte verwysing van Algemene Praktisyn van buite Kliniek gesien word

  • Samewerking met hospitaalgroepe en diensverskaffers (radiologie, kardiologie, chemiese patologie ens)
  • Verwysing na tersiêre eenhede/ hospice soos nodig

Vrywilligers

U kan op die volgende manier betrokke raak by die projek:

  • Mediese dienste
  • Paramediese dienste
  • Sorg instansies
  • Administrasie
  • Verpleegsdienste en verwante dienste

Ons nooi u uit om as ‘n vrywilliger op te tree. Stuur vir ons ‘n e-pos aan [email protected] of voltooi die aanlynvorm. Ons sal so spoedig moontlik die benodigde aansoekvorm aan u besorg.

vrywilligers

Algemene Benodigdhede

Meubels

Ondersoekbeddens
Dokterstoele
Lessenaars
Buitemeubels

Administrasie

Rekenaar met internetkonneksie
Skryfbehoeftes
Fotostaatmasjien met kopieerder en faks
PABX Telefoonsisteem

Mediese Toerusting

Bloeddruktoestelle
Xstraalmasjien

Kombuis

Yskas
Mikrogolf
Breekware

Algemene benodigdhede

Hangblinders
Klerehakke
Kluise

Fondswerwing

Ons Benodig Fondse

Vind assblief onderstaande ons bank besonderhede indien u enige skenkings of donasies wil maak.

Bankbesonderhede:

Atterbury Trust
Nedbank Tjekrekening
Rekening nr: 1497004187
Takkode: 149745
Verwysing: Triomf

Wat ons pasiënte sê

“Ek kan moeiteloos my saak stel en uitstekende professionele diens menswaardig kry, in ’n skoon en baie mens-vriendelike omgewing, op afspraak. Dit is goud vir die ouer en minder gegoede Afrikaanssprekende en net so goed, indien nie beter nie, as ’n privaatinstansie waar jy soms maande vir ’n spesialisondersoek moet wag. Julle het die Skepper se opdrag gehoor en gehoorsaam, en dit in dade en nie met woorde.”

Frik du Buisson

“Dit laat mens sommer klaar beter voel as jy met menswaardigheid by die kliniek behandel word. Die Triomfkliniek is die beste ding wat hier in ons omgewing kon gebeur.”

Wanda Schurtmann

Triomfkliniek-nuus

Title

Go to Top