Vir dié wat Rock

Die allernuutste huldeblyk aan die Australiese harde rockmusiekgroep AC/DC! In 1973 deur die broers Malcolm en Angus Young gestig, word AC/DC as die baanbrekers van heavy metal beskou.

Hierdie nuwe opwindende huldeblykvertoning word deur Storm Productionz, in samewerking met Legato Artist bookings & Management en Marcato, aangebied.

Marcato is bekend in die industrie vir hul sukses met hul oorspronklike folkrock musiek en hul uitsonderlike optredes in die Simon & Garfunkel-, Bob Dylan- en Johnny Cash-huldeblykvertonings. Hierdie dinamiese 5-stuk groep blaas nuwe asem in 4 dekades van AC/DC in teaters en op verhoë regoor SA!

Die vertoning spog met treffers soos TNT, Back in black, Dirty Deeds, Stiff Upper Lip, Thunderstuck en Highway to Hell om maar ‘n paar te noem! Hierdie produksie gaan jou voete onder jou uitslaan! Marcato sal jou reg binne die internasionale stadion atmosfeer wat AC/DC skep, vervoer.

November 3 @ 20:0022:00