“To All the Girls …” is ‘n musikale kaleidoskoop van gunsteling liedjies toegewy aan vroue oor die jare heen.  Sluit aan by storieverteller Carel Sebastiaan en vriende vir ‘n huldeblyk aan vroue en die liedjies paslik vernoem na hulle, as hulle nie net hierdie liedjies opvoer nie, maar verder ondersoek instel en delf in die geskiedenis en die betekenis daaragter.  Glo my, daar wag ‘n paar verrassings, selfs die musikalegenie sal ietwat stomgeslaan, maar meestal verbaas wees, oor wat blyk wanneer hierdie feite aan die lig gebring word en die redenasie en motivering agter liedjies soos Angie (Rolling Stones), Sweet Caroline (Neil Diamond) Mandy (Barry Manilow), Jessie (Josua Kadison), Lucille (Kenny Rogers), Lola (The Kinks) en nog vele meer, onthul word.

Atterburyteater: 6 Augustus, 20:00 – 22:00