23 Februarie, 20:00 – 23:00

R120 – R150

“Tips and  friends” komedie aand is ’n komiese vertoning wat plaasvind teen ’n vinnige tempo en word aangebied deur Pretoria se snaakste man “Tips” oftewel beter bekend as Shampoonaiza van die SAUK sport program “Sport @ 10”.  Hierdie program bevat van SA se beste komediante, onder andere Loyiso Gola, Kagiso Lediga, Loyiso Madinga, Mashabela Galane en hulle bring ’n verskeidenheid van komiese style in alle SA tale (grotendeels Engels). ’n Vertoning wat nie gemis moet word nie en die kans om jou gunsteling komediant in lewende lywe te sien!

Atterburyteater