17 June, 19:0023:30 

R150

Thili Production bied aan: Thili Maumela vertoon New Generation Gospel Explosion en Ephraim Kgwedi Live in Konsert by die Atterbury Teater. Die tema van die konsert is “Praise Him in Advance”. Die Konsert sal deur ’n paar ander Gospel Musikante as verrassing vir die dag vervolmaak word.

Thili Maumela is die Gospel kunstenaar wat in sy moedertaal sing; sy jongste album “Elelwani” het laas jaar die toekenning vir Beste Tradisionele Album van die jaar by die Mzanzi Gospel Awards gewen en was saam met Sfiso Ncwane, Lundi en Winnie Mashaba se albums genomineer.

“Praise Him in Advance” is ’n konsep wat gebou is rondom die manifestasie van God se krag, liefde en genade deur musikale ministerie.

‘Praise is ’n kragtige instrument wat geslote deure oopmaak, en ons wil hê mense moet gereed kom, want hulle gaan hul welvaart verklaar deur vooraf aan Hom hulde te bring. Kom sluit by ons aan want God het hierdie dag vir jou bestem,’ sê Maumela.

Atterburyteater