Sluit die jaar op ‘n hoë noot met die “Tell Them!” Komedie Toer

Die “Tell Them!” Komedie Toer bevat die vier bekende gesigte, komediante en akteurs van Eugene Khoza, Thapelo “Tips” Seemise, Simmi Areff en Lazola Gola wat hul talente bymekaarsit in ‘n Michael McIntyre-tipe aand van hoë energie vermaak en skreeusnaakse humor.

Eugene Khoza sê, “Ons vertoning is niks anders as vier wonderlike grapmakers wat vir die eerste keer bymekaarkom om pret te hê. Elkeen van ons het ons eie styl en ons deel die verhoog in ‘n 2 uur lange vertoning. Dit gaan ongelooflike wees! Maak jou reg om jou siek te lag.”

Vergeet die aaklighede van die feestelike seisoen aan die einde van die jaar: kry jouself by ‘n Computicket en bespreek vir die “Tell Them!” Komedie Toer. Dit sal die beste besluit wees wat jy hierdie somer maak…

November 12 @ 20:0022:00

R120 – R150

Atterbury teater