Teenoorgesteldes trek mekaar aan, en soms uit…mekaar. Jou gat my Skat! is ‘n komiese besoek aan die twee opperste pole in die samelewing: hardegat en slapgat. Wees gewaarsku: jy gaan jouself en jou verhoudings aan jou lyf voel, want daar’s ‘n dosis hardegat of ‘n knypie slapgat in elkeen van ons.

Met Cobus Venter as die slapgat en Marisa Drummond as die hardegat gaan Jou gat my Skat! jou aan die lag en aan die dink hou.