Tebello Sukwene sal haar debuut gospel album en “He’s Alive” toer by die AtterburyTeater op 19 Junie bekendstel.

Die album wat laas jaar in Oktober vrygestel is, is bo-aan die iTunes-trefferlys en is tans tweede op die gospel trefferlys en  # 18 op die algemene lys.

Tebello Sukwene het voorheen as ‘n sopraan-agtergrondsanger vir baie gerespekteerde musikante regoor verskeie musiekgenres in die laaste 10 jaar in Suid-Afrika gewerk soos Hugh Masekela, Sibongile Khumalo, Sizwe Zakho, Simphiwe Dana, Rebecca Malope, Lira, Benjamin Dube en die produktiewe gospel groep: “Joyous Celebration”.

Die vertoning by Atterbury vorm ook deel van die toer wat regoor Suid-Afrika opgevoer gaan word.

Die deure maak 18:00 oop.