Ons het vanjaar ’n rekord aantal B Com graduandi en ’n hele paar regsgeleerdes. Maar dis nie waar dit eindig nie… Die Atterbury Trust het ook ons eerste dokter opgelewer!

Van ’n wildbewaarder en ’n voedseltegnoloog, en ’n programmeerder tot twee kunstenaars, twee onderwysers en twee ingenieurs… verlede jaar se oes van Atterbury afgestudeerdes wat in 2015 die mark betree, is reg om op ’n wye verskeidenheid velde tot die ekonomie by te dra.

Sewentien jaar nadat Atterbury vir die eerste keer studiebeurse toegeken het, het ons aan die einde van 2014 ’n rekordgetal van 53 studente gehad wat grade of diplomas ontvang het. Dit bring die totaal van jongmense wat sedert 1998 met die hulp van Atterbury verder kon studeer tot ongeveer 420!

Sewentien lede van die 2014 groep het besluit dis nog nie klaar met swôt nie, en het teruggegaan boeke toe om vanjaar hulle Honneursgraad aan te pak, en nog een doen vanjaar ’n meestersgraad. ’n Verdere 17 van die afgestudeerdes is tans besig met prakties, internskap of klerkskap. Dit bring ons by 31 Atterbury alumni wat òf reeds ’n beroep betree het, òf hard aan die soek is vir ’n pos.

Klaar geswôt, waar is hulle nou? 

Ons 2014 alumni in syfers:

1 student, Elri Wassermann, het MBChB behaal.

4 het by die Universiteit van Stellenbosch geswôt – 3 van hulle het die gesogte BRek LLB-graad behaal.

20 was Tukkies, wat die Universiteit van Pretoria die instansie maak met die meeste Atterburystudente.

21 het B Com geswôt, beslis die gewildste graad, maar die meeste van hulle in ’n ander spesialisrigting – van Finansiële Beplanning en Forensiese Rekeningkunde tot Kommunikasiebestuur en Bemarking.

32 van die graduandi het reeds werk gekry.

31 is meisies, wat die skone geslag met ’n kortkoppie voor maak in die resies om werk te kry met hul nuwe kwalifikasies.

 

Vinnige feite oor die beursprogram in 2015

63 nuwe beurse is in 2015 toegestaan.

20 instansies regoor Suid-Afrika het tans Atterbury studente by hulle ingeskryf.

Dis die 18de jaar wat Atterbury reeds studente help, en ons het al ongeveer 420 studente meer bekwaam die wêreld ingestuur.

Vanjaar het ‘n Atterbury-student van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) die Kanseliersmedalje vir akademiese prestasie ontvang. Slegs een student per fakulteit kom dié eer toe. Hierdie jaar is die trotse ontvanger Lindie-Alet van Staden. Sy het die hoogste gemiddeld in die wetenskappe fakulteit vir haar diploma in Landskapargitektuur behaal.

 

Die volgende 53 studente het almal grade of diplomas behaal:

Cheri Barnard, BSc Biologiese Wetenskappe, UP

Michael Badenhorst, B Com Finansiële Beplanning, US

Tine-Mari Barnard, Dip Voedseltegnologie, TUT

Alwyn Birkholtz, B Com (Rek), UP

Simone Boshoff, Dip Sjef, Capital Hotel School

Mario Botha, B Com Agribestuur, UP

Naomi Bruwer, BRek LLB, US

Gaenor Burgers, LLB Regte, NWU

Ian Cilliers, BSc Landbou, UFS

Linda Coffee, BRek LLB, US

Danielle de Bruyn, BA Regte, UP

Marius de Wet, BSc Programmering (Hons), UP

Danica du Preez, B Ed Onderwys, Unisa

Liné Eloff, B Com Rek, UP

Jana Engelbrecht, B Com Finansiële bestuur, UP

Wiehann Fourie, B Com Entrepreneurskap Cum Laude, UP

Ricardo Fonseca, B Com (Rek), NWU

Daniel Gauche, B Ing Siviel, US

Riaan Groenewald, B Com Omgewingsbestuur, UP

Johan Hattingh, Dip Wildbewaarder, Centurion Academy

Beaura Jacobs, Dip Drama, TUT

Magdalena Jacobs, Landbou, Landbou Kollege

Lezaan Kok, B Com Rek, NWU

Natasha Kruger, B Com Finansiële Bestuur (Hons), UP

Marie-Louise Lerm, BRek LLB, US

Mimi Makoena, BA Joernalistiek en skakelwese (Hons), Wits

Carla Maré, B Com Rek, UP

Nadine Naude, BA Skone Kuns, UP

Ricus Notnagel, B Com Regte, NWU

Ulrich Paul, B Com Beleggingsbestuur, UP, Lees meer hier

Tshifaro Phundulu, B Com Rek (Hons) STR, UJ

Pieter Potgieter, B Ed, Unisa

Collin Powell, BA Gesondheidwetenskap Cum Laude, NWU

Mareli Rall, B Com Kommunikasiebestuur, NWU

Rozanne Robertson, B Com Forensiese Rekeningkunde, NWU

Ivan Schoeman, BSc Boubestuur, UP

Kika Smit, BA Drama, US

Michelle Steynberg, Dip Grafiese ontwerp, Open Window

Lee-Ann Swart, BSc Arbeidsterapie, UP

Quintin van der Merwe, B Ing Meganies en Elektries, Unisa

Marcelle van der Merwe, B Com Rek (Hons) CTA, UP

Percival van der Walt, BSc Bourekenkunde, UP

Azaria van Niekerk, Dip Somatologie, Isa Carsens

Lindie-Alet van Staden, Dip Landskapargitektuur, TUT

Riaan van Tonder, B Com Bemarkingsbestuur, Unisa

Madelaine Viljoen, B Com Bemarking, Unisa

Elri Wassermann, MBChB, UOVS

Marizahn Wentzel, BA Menslike Bewegingskunde, UP

Marissa Wessels, BA Regte, UP

Aansoeke vir 2016 se studiebeurse is nou oop. Om meer uit te vind, klik hier 

Help ons om nog jongmense die geleentheid te gee om verder te studeer; klik hier om meer te sien oor hoe om ’n skenker te word.