8 September, 19:30 – 21:00 

R150

Dis die eerste première saam met SARIE Tydskrif voor die fliek 30 September landswyd bekend gestel word!

Ben (Stiaan Smith), ’n selfvoldane werktuigkundige ontmoet vir Linda (Amalia Uys), ’n beeldskone, uitgesproke ouditeur een aand in ’n kroeg. Hulle gesels en daar is dadelik vonke. Toe Linda vir Ben vra wat hy doen vir ’n lewe, jok hy. Hy sê vir haar hy is die hoofsanger van ’n band. Waarom doen hy dit? Want Linda is nie in sy liga nie en boonop is haar pa sy baas.

Sien ander bekendes soos Elize Cawood, Bouwer Bosch, Darren Kelfkens, Bennie Fourie en Wilson Dunster in die nuwe Afrikaanse film oor musiek, liefde, karre en Johannesburg, “Sy Klink Soos Lente”.

Atterburyteater