5 April 2018, 19:00 – 22:00

R250 – R350

Hierdie twee kunstenaars is een van die mees geliefde sangpare wat ’n groot merk in Jazz en die Gospel Musiek industrie  gemaak het. Hulle was van die pioniere van hierdie geslag en van die eerste kunstenaars wat hulle eie opname maatskappy , nl. Shammah Records besit het, wat landswyd musiek produksies aangebied het deur Swazitainment Productions in vennootskap met Ou Mutual en Lion of Africa Insurance.

Hulle het hulle nog altyd beywer om opkomende kunstenaars te ondersteun en loopbane te bevorder. Swazi & Tshepo het beide vele toekennings ontvang soos , SAMA, Crown &  Kora’s en groot sukses behaal met hul aanbiedings, as reggiseurs asook met  hulle eie vertonings. Tshepo Mngoma se 4 Windsalbum het aan hom die toekenning besorg as Beste Jazz by die 2017 Crown Gospel toekennings.

Hy sluit by sy vrou Swazi aan met ’n toer om die vrystelling van haar Alabaster CD asook DVD te vier. In hiedie landswye toer in Suid Afrika en aangrensende lande sal die kragtige sangpaar Gospel musiek in Jazz en kontemporêre style met n musiek ensemble aanbied. Hulle toer skop af by die Atterbury Teater op 5 April om 19:00. Kaartjies is op Computicket beskikbaar.

5 April 2018, 19:00 – 22:00 Atterburyteater