SuzelleDIY het Suid-Afrika soos ’n tornado getref. Dié internetpersona se video’s op YouTube het soos ’n veldbrand versprei en word gereeld deur meer as 100 000 mense gekyk.

SuzelleDIY: Die boek gee ’n humoristiese kykie op doen-dit-self waar dinge meestal reg, maar ook verkeerd kan loop. Sy gee wenke vir hoe om huishoudelike takies ligter te maak (niemand hou immers daarvan nie), jou kar te versorg, groener te leef, braaityd in ontspantyd te verander, jou tyd in die kombuis tot die minimum te beperk en werklike selfdoen-projekte sonder enige voorvalle aan te pak.

Suzelle se vriendin, Marianne, maak ook haar verskyning in die boek en toon ’n groot voorliefde vir alles wat dierverwant is. Suzelle deel ook haar skoonheidswenke. En om af te sluit: wonderlike resepte vir soet- en soutgoed. Want almal kan.

Phyllis Green van Sarie sal met Suzelle gesels oor die boek en Suzelle deel ’n paar nuttige self-doen wenke en video’s wat nog nooit van tevore gewys was nie. Suzelle teken graag boeke aan die einde van die program.

Gesprek tussen 10:00 en 11:00 en Suzelle teken boeke teen 11:00 en 12:00

Oktober 17 @ 10:0012:00

R60

Atterburyteater