Terwyl die lug nog koel was, het ‘n paar studente saam Leonie du Preez van GRO life by die Fearie Glen Natuurreservaat gaan stap. Dit was ‘n oggend van vars lug, en ‘n oomblik van reflektering oor die jaar wat verby is. Die studente het die leiding geneem en die roetes gekies. ‘n Koppie moet mens nie ligtelik aan pak nie, ons was omtrent uit asem, maar met enige iets in die lewe is die eindpunt die moeite werd. Bo-op die Koppie wat gevoel het soos ‘n berg, kan mens omtrent die hele Pretoria sien, en verskeie bakens identifiseer. Die voortrekkermonument in die Weste, Pretoria Oos Hospitaal, asook die Uniegebou.

Die studente het met mekaar gedeel oor hoogte en laagte punte van die jaar. Dit is altyd goed om terug te dink aan die jaar wat verby is, en uiteindelik te besef, daar is ‘n plan met jou lewe en God is in beheer.

Ons het worsbroodjies op die kruin geëet en spontaan saam gekuier. Die studente kan met trots terug kyk en die jaar behoorlik vier.