9 Augustus 2018, 9:00 – 12:00
9 Augustus 2018, 13:00 – 16:00

R260

Vrouedag vanjaar gaan behoorlik gevier word! ’n Dubbel-bederf wag op die vroue van Pretoria met die vrystelling van die avontuurfilm, STROOMOP en ook die aanvang van die amptelike Stroomop Inspirasie-aanbieding in samewerking met Atterbury Teater op 9 Augustus 2018 om 9:00 en 13:00 by Atterbury Teater, Pretoria.

09:00-sessie

09:00-10:00

Ons wil jou graag bederf! Talle bederfstasies  versier die ontvangsarea van die Atterbury teater op Vrouedag. Ons nooi jou uit om VROUwees te vier met ’n heerlike bederfsessie vanaf 09:00.

Kom geniet lekker eetgoed en bederf jouself met ’n mini-manicure, nek-, skouers- en rugmasserings, ’n rooi lip by die lip-bar en ander verrassings. Geniet die uitstallers en kuier by Donnalee se Pop-up Shop, die Stroomop-roman-uitstalling, die Sarie-winkel, en nog vele meer.

10:00-12:00

Die amptelike Stroomop Inspirasie-aanbieding begin in die teater met Ivan Botha as seremoniemeester, Donnalee Roberts as hoofspreker, Simoné Nortmann as gasspreker en die vyf Stroomop-sangkunstenaars met hulle juweelstemme – Caroline Grace, Lizandra Winter, Janie Bay, Clarice Pieterse en KateRok.

12:00-13:00

Geniet ’n laaste soetding en kuiertjie voordat jy huis toe gaan.

Om die impak van hierdie film te vergroot bied ons eksklusiewe inspirasie-geleenthede aan in die opbou van die film. Ons droom is om alle vroue in Suid-Afrika te inspireer en saam met hulle die uitdagings en avonture van vrouwees te vier”, sê die skrywers en vervaardigers van Stroomop, Ivan Botha en Donnalee Roberts. Die Stroomop Inspirasie-aanbieding fokus op die oorhoofse temas van die film, naamlik: selfontdekking, vergifnis, aanvaarding en genesing. Dit het ten doel om vroue te inspireer om stroomop te swem, teen die wêreld se onrealistiese verwagtinge en om die avontuur van vrouwees elke dag te vier.

Die Stroomop Inspirasie-aanbieding beloof om ’n betekenisvolle geleentheid te wees waartydens bekende persoonlikhede hulle harte vir vroue deel in intieme gesprekke en bekoorlike sang. Donnalee Roberts sal as hoofspreker optree met hartstories wat vroue sal inspireer om anders na hulleself en vrouwees te kyk. Simoné Nortmann is die spesiale gasspreker van die geleentheid en deel oor haar eie vrouwees. Die geleentheid word verder ingekleur deur vyf juweelstemme wat tot die siel van elke vrou teenwoordig sal spreek: Caroline Grace, Janie Bay, Lizandra Winter, Clarice Pieterse en Kate Rok. Die span maak darem ook voorsiening vir iets sag op die oog met Ivan Botha wat as gasheer van die dag optree en saam ’n glasie sjampanje op vroue klink.

Vroue word verwelkom met iets te drinke en ligte verversings. Placecol vier saam met heerlike bederf-stasies, gratis behandelings,  grimeerkunstenaars, mini-makeovers en vele meer. Donnalee Roberts se “pop-up shop” met haar nuwe reeks The Romantic Collective, wat haar eie ontwerpe en ingevoerde klerereeks insluit, sal ook deel van die dag vorm. Elke gas sal ook ’n waardevolle geskenkpakkie huis toe neem.

Die beste nuus is dat STROOMOP op 9 Augustus landswyd begin en vroue na afloop van die Stroomop Inspirasie-aanbieding die film op die grootskerm by alle teaters sal kan gaan kyk. Stroomop vertel ń verhaal van lewe en dood, vriendskap, selfontdekking, vergifnes en genesing. Die vyf vroue in die film word vertolk deur Donnalee Roberts, Simoné Nortmann, Ilse Klink, Chanelle de Jager en Carla Classen.

Kunstenaars: Donnalee Roberts, Simoné Nortmann, Caroline Grace, Janie Bay, Lizandra Winter, Clarice Pieterse, Kate Rok en Ivan Botha

Kaartjies: Sluit 3 sprekers, 5 sangers en heerlik eeetgoed, drinkgoed, propvol geskenksakkies, groot pryse en lekker bederf in.

 

9 Augustus 2018, 9:00 – 12:00 Atterburyteater

9 Augustus 2018, 13:00 – 16:00 Atterburyteater