15 November, 20:00 – 22:00

R170

Na ’n lang stilte kom Lize Beekman weer draai op die verhoog van die Atterbury Teater met ’n solo-vertoning op 15 November 2017. Saam met die talentvolle pianis en musikant Jaconell Mouton, beloof dit ’n rustige en sielvolle aand te wees vir elkeen wat kies om bietjie nader te skuif. Haar liedjies is haar gehore goed bekend en sy word al vir jare geken aan haar gehalte luistermusiek wat blywend is. Beekman het ’n vermoë om met woorde te skilder wat die luisteraar op reis neem deur ou hartkamers.

15 November, 20:00 – 22:00 Atterburyteater