Steve Hofmeyr is terug vir twee vertonings met “Toeka 3”, wat alles wat opgewek en pret is, bevat van Hak hom Blokkies tot die kontroversiële Die Stem.

“Die album sluit nie net my ouer helde in nie maar ook my tydgenote,” voeg Steve by. “Van André Schwartz se Kom terug en Danie Botha se Wie kan dit verstaan? reg deur tot my allergunsteling, Live On van Pierre de Charmoy, wat my loopbaan definieer het. Daarby was dit vir my nog ’n hoogtepunt om deur die liedjies te sif en te oorweeg watter om te kies uit so ’n magdom moontlikhede.”

Bespreek by Computicket of skakel 012 471 1700.