25 Mei 2018, 20:00 – 21:30

R140 – R160

Met Steffie le Roux se warm persoonlikheid en lekkerte oor die lewe, bied sy ’n wonderlike vertoning vol humor, hart en nuwe liedjies.. Met haar fluweelstem en besonderse vertolkings, het hierdie kunstenaar die vermoë om in almal se harte te gaan lê. Sy sing oor die liefde, die reën, saamwees en die Karoo. Steffie se eerlikheid en opregtheid waarmee sy haar werk omhels, is baie treffend en sy bied altyd iets vir almal met ’n veelsydige program. In hierdie vertoning, Dans in die Reën, sing sy ook saam met fantastiese gaskunstenaars. Richard vd Westhuizen en die Afrikaanse Hoër Meisieskool Juniorkoor sal saam met Steffie sing vir ’n mooie oomblik op die verhoog. Mariette Galjaard, Mauritz Lotz, Denny Lalouette en David Klassen is Steffie se uitstaande musikante wat elkeen ’n fenominale bydrae tot hierdie vertoning lewer. Kom luister gerus na goeie gehalte musiek, en liedjies wat vir lank nog in jou hart sal hang.

25 Mei 2018, 20:00 – 21:30 Atterburyteater