Mathys Roets, Matthys Maree en Liesl du Toit bied graag ‘n spesiale liefdadigheidskonsert in die Atterburyteater aan op 9 Junie om 20:00 om fondse in te samel om te help met die koste van ’n kogleêre inplanting vir Alexa Strachan se tweejarige dogtertjie, Tana. Kogleêre inplanting is ‘n chirurgiese prosedure waartydens ‘n elektroniese toestel in die binneoor ingeplant word. Hierdie merkwaardige operasie het ten doel om mense met gehoorverlies weer te laat hoor.

Alexa is ‘n jarelange vriendin van Matthys-hulle en sy is ook verantwoordelik vir die musikale regie van Versnit vir Atterbury. Die kunstenaars tree gratis op en die Atterburyteater word ook gratis verskaf. Al die fondse wat ons insamel word gebruik om die operasie se koste te dek. Kaartjies beloop R140 en R160.

Mathys Roets is een van die min kunstenaars in Suid-Afrika wat Leonard Cohen se musiek tot volle reg laat kom. In hierdie vertoning sal al die gewildste Cohen liedjies gehoor kan word. Alles van Famous blue raincoat, Suzanne reg deur tot Hallelujah. Mathys deel die verhoog met Matthys Maree (klavier) en Liesl du Toit om Cohen se musiek weer te laat lewe.

 

Jy kan ook ‘n kontantskenking maak deur PayFast hier.