10 November 2018, 19:00 – 21:00

R170 – R190

Die CH2 Kitaar Duo en die Montoya Spaanse Dansteater, is verheug om, na twee uitverkoopte vertonings, terug te keer na vele versoeke van die publiek.  Kitaarmeesters Corneille en Dirkie, Maria Lorca Montoya en die dansers van die Montoya Dansgeselskap bied weer n Spanish Fire vertoning aan met bekende musiek en ritmes wat jou voete sal laat jeuk.

Jy gaan lus wees om te dans op liedjies soos Volare, Waka Waka, Bamboleo en vele meer. Hulle gaan die verhoog aan die brand dans met vernuftige voetwerk, Flamenco waaiers en kastanjette saam met die briljante kitaar werk van CH2, ’n ware skouspel!

10 November 2018, 19:00 – 21:00 Atterburyteater