Spanish Fire

Spanish Fire

26 November, 17:00 – 19:30

R160 – R180

Ch2 die kitaarduo en die Montoya Spaanse Dans teater span saam vir ’n splinternuwe opwindende produksie nl. Spanish Fire.

Corneille Hutten en Maria Lorca Montoya het al vele verhoë in Pretoria en omgewing gedeel met ’n uitstekende kombinasie van kitaar en Spaanse Dans …nie net met tradisionele Flamenco ritmes nie maar ook met bekende ritmes, liedjies van die hart, melodieë om jou weg te voer van die alledaagse gejaag van die lewe.

Kitaar meesters Corneille en Dirkie deel die verhoog met Maria Lorca en 18 dansers van die Junior en Senior Geselskap. Die verhoog gaan met ingewikkelde voetwerk, flamenco waaiers, meesleurende ritmes van kastanjette en briljante snaarwerk van die twee virtuose kitaarspelers, aan die brand gesteek word.

Kunstenaar: Ch2 Guitar Duo and The Montoya Spanish Dance Theatre

26 November, 17:00 – 19:30 Atterburyteater

Leave a Reply