31 Augustus, 14:00 – 15:30 

31 Augustus, 18:30 – 20:00 

Gratis

Die Sookmyung Gayageum Orkes is in 1999 gestig en het die aansien ontvang om die eerste gayageum orkes in Korea te word. Dit het tans meer as 18 aktiewe lede waarvan meeste gegradueerdes is van die Graduate School of Cultural Heritage, Sookmyung Women’s University, en word opgelei in die Koreaanse tradisionele musiekprogram.

Die Sookmyung Gayageum Orkes het begin opgang maak in die Koreaanse kultuur: dit bied nie net hul jaarlikse vertonings aan nie, maar neem ook deel in ’n hele aantal vername nasionale en internasionale geleenthede soos die “Han Style” wat die Departement van Kultuur en Toerisme organiseer met die doel om Korea as ’n handelsmerk te versterk.

Bowendien het hulle by die World Women’s Congress, Busan APEC CEO Summmit, G20 Seoul Summit 2010 ensovoorts deelgeneem. In 2008 was dit genooi om op die verhoog van die Musée du Quai Branly, Parys, Frankryk op te tree asook voor die OECD konferensie wat toe ook op eervolle manier genomineer is as die Excellent Program by die National Association of Cultural Art Centres.

31 Augustus, 14:00 – 15:30 – Atterburyteater

31 Augustus, 18:30 – 20:00 – Atterburyteater