Tot redelik onlangs was daar baie min opsies as dit gekom het by die keuse van waar jy gaan studeer om ʼn goeie, erkende kwalifikasie te verkry.  Vandag is daar ʼn baie groter keuse vir skoolverlaters, skryf Annelize Britz op Maroela Media se webwerf

Een van die instansies waar die tradisionele klaskamer nie meer ʼn kwessie is nie, is Sondela Akademie. Ten minste 70 persent van die student se tyd word aan praktiese opleiding bestee en die student stap aan die einde van sy studie-loopbaan weg met meer as genoeg praktiese ondervinding sowel as ʼn internasionale erkende kwalifikasie.

Sondela Akademie gee eerstejaarstudente blootstelling aan al die rigtings wat aangebied word.  Dus, na die eerste jaar het ʼn student reeds ondervinding en ʼn baie goeie idee van verskeie vakrigtings in die bedryf.  Van die tweede jaar af kan daar in ʼn spesifieke rigting gespesialiseer word.  Die voordeel hiervan is dat ʼn Sondela Akademie-student wegstap met ʼn wye kennis van hoe die bedryf werk.

Die praktiese opleiding gedurende die studieperiode berei leerders voor vir die werksplek, ondersteun met die teoretiese agtergrond. Die studente werk in ‘n omgewing waar daar werklike gaste is en geakkrediteerde opleiding.  Dus, word hulle eerstehands gekonfronteer met hoe dit werklik is.

Die toerismebedryf is oor die algemeen nog nie ontwikkel tot sy volle potensiaal nie. Daar is bloot nie genoeg prakties gekwalifiseerde personeel nie en geen toerisme-instansie kan suksesvol wees sonder genoegsame professioneel opgeleide personeel nie!

Sondela Akademie het die behoefte aan genoeg opgeleide toerismepersoneel en sjefs geïdentifiseer en ‘n verskeidenheid kursusse gekombineer met ‘n fokus op praktiese opleiding by Sondela Natuurreservaat.

Om meer uit te vind oor die kursusse wat beskikbaar is, en hoe om te registreer, lees die volledige artikel hier http://maroelamedia.co.za/blog/goeiegoed/ouerskap/sondela-akademie-jou-alternatief-vir-n-klaskamer/