Iewers langs die pad, terwyl niemand gekyk het nie, het Pretoria die coolste plek geword om te wees. Ter viering van die kreatiewe en kulturele rykdom van die hoofstad, reël Cool Capital ‘n twee-maande-lange biennale in die hoofstad vanaf 29 Augustus tot 16 November 2014.

‘n Biennale gebeur gewoonlik elke twee jaar en kunstenaars word genooi om bydraes in kuns, ontwerp en argitektuur te lewer. Die Cool Capital Biennale nooi egter nie net ‘n paar uitgelese kunstenaars en ontwerpers om uit te stal nie, maar moedig alle inwoners van die hoofstad aan om kreatief na hul stad te kyk en sy skatte te herontdek. Dit maak Cool Capital werklik die heel eerste kurator-vrye doen-dit-self guerilla biennale!

Wat om te verwag

Wees op die uitkyk vir burgerlike kuns- en argitektoniese installasies oral in die stad; musiek en filmfeeste in interessante plekke in die stad, en toere na geboue en plekke waar jy nog nooit was nie. Dis nie ‘n biennale as daar nie ‘n partytjie is nie, en die Cool Capital Biennale het sommer drie: ‘n reuse openingsfees op 29 August 2014, aangebied deur die Open Window School of Visual Communication; ‘n partytjie in die middestad wat aangebied word deur Capital Collective in samewerking met Barefoot Contessa en Hello Ambassador op 18 Oktober; en ‘n verjaardagpiekniek ter viering van die stad se 159ste verjaardag op 16 November 2014.

Behalwe die gebeure wat Cool Capital reël is daar ook hope kleiner inwoner-gedrewe projekte wat deur onafhanklike gemeenskappe en groepe aangebied word. Hierdie projekte word hoofsaaklik op ons sosiale-media platforms Facebook en Twitter, en ons webtuiste www.coolcapital.co.za, gereël. Wees op die uitkyk vir markte, openbare installasies en kreatiewe werkswinkels, asook vir maandelikse filosofie-aande by Café Riche.

Wie is betrokke

Alle groot tersiëre inrigtings is sedert Cool Capital se oorsprong in 2012 daarby betrokke. Dit sluit in die Universiteit van Pretoria, Tshwane Universiteit van Tegnologie, The Open Window School of Visual Communication en die Vega School of Brand Leadership in Pretoria. Ons ruimhartige borge sluit in die Nederlandse Ambassade, Atterbury Property, PPC Cement, Business and Arts South Africa, The Pretoria Institute for Architecture en City Property.

Meer Inligting

Onder is ‘n paar hoogtepunte uit die program vir die biennale. ‘n Kaart en vol program sal middel-Augustus op ons webwerf beskikbaar wees en sal na die media gestuur word. Kry meer inligting op coolcapital.co.za. Vir direkte navrae, kontak Carla Taljaard by [email protected]. Volg ons op Facebook en Twitter vir al die cool nuus oor die hoofstad!

mammastadpappastad klein

Cool Capital biennale 2014 program

[gdlr_divider type=”solid” size=”100%” ]

Wat: Argitekspawiljoene

Tipe: Uitstalling, punt van belangstelling

Wanneer: Solank die biennale aan is

Waar: Regdeur die stad. Meer inligting en ‘n kaart sal op die webwerf verskaf word

Koste: Gratis

Kontak: Carla Taljaard [email protected]

Borge: Verskeie

Beskrywing: Argitekspawiljoene is klein tydelik eksperimentele installasies wat ontwerp in die kollig plaas, en wat fotogeleenthede skep. Verskeie argiteksfirmas het pawiljoene ontwerp wat regdeur die stad geplaas sal word

[gdlr_divider type=”solid” size=”100%” ]

Wat: Our Capital sculpture

Tipe: Uitstalling, punt van belangstelling

Wanneer: Solank die biennale aan is

Waar: Regdeur die stad. Meer inligting en ‘n kaart sal op die webwerf verskaf word

Koste: Gratis

Kontak: Carla Taljaard [email protected], Elani Willemse [email protected]

Borge: Verskeie

Beskrywing: Burgerlike kuns en beeldhouwerk vorm ‘n groot deel van die biennale en openbare beeldhouwerke sal regoor die stad opgerig word om ons beeldhou-geskiedenis en toekoms in die kollig te plaas.

[gdlr_divider type=”solid” size=”100%” ]

Wat: PPC openbare banke

Tipe: Uitstalling, punt van belangstelling

Wanneer: Solank die biennale aan is

Waar: Regdeur die stad. Meer inligting en ‘n kaart sal op die webwerf verskaf word

Koste: Gratis

Kontak: Carla Taljaard [email protected] francois visser [email protected]

Borge: PPC cement en BASA

Beskrywing: Burgerlike kuns en beeldhouwerk vorm ‘n groot deel van die biennale en openbare banke sal regoor die stad opgerig word om ons beeldhou-geskiedenis en toekoms in die kollig te plaas.

[gdlr_divider type=”solid” size=”100%” ]

Wat: Capital Poetry Project

Tipe: Uitstalling, ervaring

Wanneer: Solank die biennale aan is

Waar: The Club, Hazelwood 2, Lynnwood Bridge

Koste: Gratis

Kontak: Carla Taljaard [email protected]

Borge: Atterbury

Beskrywing: Digkuns is ‘n belangrike deel van die kunste en kan beïnvloed hoe ons die stad ervaar. Digkuns sal op plekmatjies in restaurante gedruk word en gaste sal dit kan huistoe neem.

[gdlr_divider type=”solid” size=”100%” ]

Wat: Deurry Straatgalerye

Tipe: Uitstalling, punt van belangstelling

Wanneer: 1 September – opening

Waar: Long Street, Waterkloof, Viva Fountain, Mamelodi

Koste: Gratis

Kontak: Carla Taljaard [email protected] Stuart Trent [email protected]

Beskrywing: Die idee agter die Deurry Galery is om kuns na die mense toe te bring. Die mure langs die strate is ‘n aaneenlopende doek vir kreatiewe uitdrukking en sal gesien word deur almal wat verbyloop of ry. Winkeleienaars sal gevra word om hul buitemure beskikbaar te stel om met muurskilderye versier te word.

[gdlr_divider type=”solid” size=”100%” ]

Wat: Cool Capital 2014 Biennale Opening

Tipe: Opening, partytjie

Wanneer: 29 Augustus 2014, 15:00 – 00:00

Waar: Open Window School of Visual Communication, Southdowns, Irene

Koste: Sal bevestig word

Kontak: Elfriede Dreyer [email protected]

Borge: Open Window School of Visual Communication, Southdowns, Irene

Beskrywing: Die feestelikheid sal vroegmiddag begin en sal verskeie elemente insluit, van musiek en kunsoptredes wat die skare tot middernag sal vermaak. Meer om te verwag: filmvertonings, ‘n beeldhouwerk-uitstalling van Pretorianer-kunstenaars, ‘n grafiese 35mm-lange panorama van die landskap vanaf Mamelodi tot Soweto by Attridgeville deur Attridgeville kunstenaar Titus Matiyane; en ‘n beeldhouwerk deur Guy du Toit wat Afrikaburn-styl aan die brand gesteek gaan word op kampus. Stalletjies met verversings sal heeldag beskikbaar wees.

[gdlr_divider type=”solid” size=”100%” ]

Wat: The French Garden/Die Franse Tuin

Tipe: Musiekvertoning met clavier/stem en filmprojeksie

Wanneer: 3 September 2014

Waar: 384 Vermeulenstraat (ingang in Kerkstraat)

Koste: R50

Kontak: Pluto Panoussis [email protected]

Borge: City Property – Venue

Beskrywing: ‘n Versameling van die minder-bekende Franse musikale werke vir stem, klavier en film. Sopraan: Melissa Gerber, klavier: Misha Meyer. Werke deur Debussy, Fauré, Messiaen en Satie. Met visuele deur die Open Window Department of Film Arts. Kaartjies: Inligting sal volg.

[gdlr_divider type=”solid” size=”100%” ]

Wat: Galery tot galery besoeke

Tipe: Uitstalling

Wanneer: Elke tweede Vrydag vir die maand om 18h30 (5 en 19 September, 3 en 17 Oktober en 14 November)

Waar: Association of the Arts, Mackie Street, Fried Contemporary, Stuart Trent Gallery, Long Street Art Lovers, PTA Art Museum, City Property Gallery, St. Lorient Rooftop Gallery en die Villa Museum.

Koste: Gratis

Kontak: Carla Taljaard [email protected]

Borge: Wynborg sal bevestig word

Beskrywing: Kom geniet ‘n glas wyn en ondersteun ons plaaslike kunsgallerye en kunstenaars. Presiese datums en plekke sal op ons webwerf en app bekendgemaak word.

Vir meer inligting gaan na ons webwerf coolcapital.co.za