12 February, 20:0021:50

R180 – R220

Die Amerikaanse sanger en liedjieskrywer Shawn Phillips het vir die laaste 40 jaar met groot name soos The Beatles, Donovan, Eric Clapton, Steve Winwood en Michael Kamen saamgewerk.

Met 21 albums agter die rug het hy ook al by verskeie musiekfeeste regoor die wêreld opgetree. ‘n Kultusfiguur, met onder andere Van Dyke Parks en Leonard Cohen as sy eweknieë, bly hy ’n raaiselagtige figuur op die musieklandskap.

Die gewese rockmusikant Bill Graham het gereken hy is “die beste geheim in die musiekbedryf”! Shawn bly ’n inspirasie vir die wat iets dieper en meer betekenisvol in die “pop musiek” wêreld soek.

Sluit by ons aan vir ’n unieke geleentheid om hierdie legendariese musikant in aksie te sien met liedjies wat ons almal ken soos Woman, Ballad of Casey Deiss en meer in sy repertoire.

Atterburyteater