1 Oktober, 17:00 – 19:00

R150

Ses Snare speel op 1 Oktober die eerste keer vanjaar by die Atterbury Teater, en doen dan sommer ’n baie spesiale konsert.

Mathys Roets en Thean Kotzé, twee stigterslede, en die bekende sangeres Monique speel saam in die konsert. Daar kan darem nie net mans op die verhoog wees nie en daarom sing die pragtige Monique ook saam. Die konsert bestaan uit van die ouer treffers van die Snare, veral die liedjies waarvoor Mathys en Thean bekend was saam met Snare, asook liedjies uit die Snare se nuutste konsert “Tuisgemaak”.

Monique het voorheen tydens ’n korporatiewe optrede saam met Ses Snare gesing en die gehoor was mal oor die kombinasie – dink bv aan Neh Nah met 8 kitare, 8 mansstemme en Monique se pragtige stem om als af te rond.

Moenie hierdie Ses Snare Special misloop nie!

 

1 Oktober, 17:00 – 19:00 Atterburyteater