20 Junie 2018, 20:00 – 21:30
21 Junie 2018, 20:00 – 21:30

R120 – R130

Schalk Bezuidenhout, die krulkopkomediant met sy kenmerkende truitjies en skerp tong, is die mees opwindende nuwe stem in Suid-Afrikaanse stand-up. Sedert hierdie boorling van Kempton Park in 2015 (en weer 2017) in Trevor Noah se voorprogram opgetree het en ‘n solo-vertoning op Comedy Central uitgesaai is, het hy vinnig ‘n huishoudelike naam geraak. Hy het ook reeds twee Comics Choice-toekennings en ’n gesogte SAFTA ingepalm. Schalk is deesdae ‘n bekende gesig op televisie, veral in die rol van die geliefde Danny in die kykNET-reeks Hotel en as anker van die satiriese nuusprogram Die Ware Naarheid met Schalk Bezuidenhout, ook op kykNET. Nou keer Schalk terug na die Atterburyteater met ’n nuwe vertoning, Snorseun. Teatergangers kan uitsien na die snorseun op sy beste, met nuwe materiaal, vlymskerp waarnemings en sosiale kommentaar oor die lewe en die land waarin ons leef. Snorseun sal baie reaksies by jou uitlok, waarvan lag sommer lag-lag die grootste is. (Let wel: hierdie is ’n soortgelyke vertoning as Schalk se I’m Sarie tydens die Sarie-fees in Maart vanjaar.)

20 Junie 2018, 20:00 – 21:30 Atterburyteater

21 Junie 2018, 20:00 – 21:30 Atterburyteater