17 Maart, 20:00 – 21:00

R150

Ná die sukses van verlede jaar se Schalk Bezuidenhout Lewendig is dié krulkop-komediant met sy truitjies en skerp tong terug met ’n splinternuwe eenmanvertoning. Want of Schalk nou besig is om meisies op Die Kliek te lei na romantiese uitstappies, die geliefde Danny vertolk in Hotel of vlymskerp waarnemings deel in Jou Nuusminuut, is een ding ’n feit: Schalk Bezuidenhout laat mense skaterlag. Kom kyk hoe hy die draak steek met homself, onsself en al wat heilige koei is na die slagpale lei. Bespreek gou!

17 Maart, Atterburyteater