27 Julie 2018, 19:00 – 21:00

R200

Kom kyk dié avontuurfliek saam met ons en die Stoomop-sterre vóórdat dit landwyd uitgereik word!

Waaroor gaan die fliek? Oor vyf vroue wat elkeen met hul eie probleem worstel, en dan saam op die Oranjerivier beland vir broodnodige avontuurterapie.

In die rolverdeling is Donnalee Roberts, Ilse Klink, Carla Classen, Chanelle de Jager, Simoné Nortmann en Armand Aucamp. Ivan Botha is die regisseur en saam met Donnalee ook die draaiboekskrywer.

Kry jou vriende gereed vir hierdie Oranjerivier-avontuur!

27 Julie 2018, 19:00 – 21:00 Atterburyteater