18 Junie, 16:00 – 17:30

R180

Rocco de Villiers se reis met BEAUTIFUL BEAUTIFUL HYMNS, die musiek en die vreugde uit die verwerkings het hom nog nie gelos nie. Met die eerste uitvoering het hy gefokus op 19de eeuse psalms en gesange soos ons dit in die kerk ken. Met die opvolgkonsert ondersoek hy Afro -Amerikaanse Geestelike musiek soos Amen, Down by The Riverside, Kumbaja My Lord en vele ander maak deel uit van die konsert, Ook is hy gefasineer deur musiek soos Halleluja van Anneli van Rooyen, Hallelujah van Leonard Cohen, Koos du Plessis se Gebed en Somerkersfees wat teen nou so diep in die volksmond le dat dit in ons moderne liedboek is, en as gesange opgeteken behoort te word. Hy vervang ook die kerkorrel met kitaar en voeg die ongelooflike stem van “gospel sanger “ Noxolo by.

Atterburyteater