25 Julie 2018, 20:00 – 22:00

R170 – R250

Op 20 Feb. 2012 is die debuut vertoning van Riders from the Storm by die Atterbury Teater aangebied. Dit was die eerste keer wat Ses Legendariese Suid Afrikaanse kitaarspekers ’n verhoog gedeel het. Die afskop konsert was met Mel Botes, Piet Botha, Albert Frost, Mauritz Lotz, Valiant Swart en Nathan Smith was die geheime gaskunstenaar.

Die opdrag aan hierdie musikante was eenvoudig: van elkeen is verwag om drie komposisies by te dra waarin hy die solo rol vertolk en die ander vyf hom begelei. Hulle keuse was, of twee oorspronklike of twee klassieke rock liedjies. Dan het al ses ook vier of vyf  nommers saam gespeel.

Hulle het landswye erkenning verwerf vir hulle uiteenlopende en uitstekende uitvoerings “A smorgasbord of musical excellence.”

Die geheime sesde musikant is gewerf van gewilde “Rock Bands”, sessie musikante en solo kunstenaars . Voriges het ingesluit musikante soos Terence Reis (Dire Straits leier), Jan Blohm, Francois van Coke, Akkedis, Gerald Clark en Mark Haze.

Riders from the Storm is die inisiatief van die Suid Afrikaanse Rock kunstenaar, Mel Botes ,wat bekend is vir jy vakmanskap op die elektriese kitaar, sy interpretasie van legendariese werke, sy oorspronklike komposisies en meer  omlangs sy klassieke repertoire. Die regisseur is Richard Nosworthy wat al vele produksies saam met  Botes aangebied het.

Op 25 Julie is die kitaarspelers Mel Botes, Piet Botha, Robin Auld, Valiant Swart en nie net een nie, maar twee nuwe kitaarspelers wat aansluit by die “ou Hande” op die verhoog! Slegs een vertoning!

25 Julie 2018, 20:00 – 22:00 Atterburyteater