My reis met Atterbury het in 2010 begin toe ek nie ‘n idee gehad het hoe dit vir my moontlik gaan wees om te studeer nie…

Atterbury het vir my ’n deur gegee wat net gewag het om oopgemaak te word! Die geleentheid om te studeer. Ek is een van die geseënde mense wat, ten spyte van ’n paar struikelblokkies, die voorreg gehad het om te studeer in Suid-Afrika.

Van kampe en “Grow” sessies saam Leonie, jaareindfunksies en lekker lag tot laaaaaang ure se sit en leer, gepaard met min slaap was Atterbury al die pad saam my.

In die afgelope 4 jaar het my paadjie met my droomman s’n gekruis, ek het verloof geraak, getrou, van die wonderlikste avonture van die lewe geniet en my graad in BCom Bemarkingsbestuur voltooi deur Unisa. Nou vir my reis by GROOTfm…

Dankie Atterbury vir al julle liefde, ondersteuning, finansies en geleenthede. Dankie dat julle in my lewe belê het. Ek is geseën tot in my kleintoontjie.

Sterkte en geluk aan al die nuwe studente van Atterbury Trust. Al die lang ure en min slaap is die moeite werd. Druk deur. Gryp elke geleentheid wat God op jou pad bring. Geniet elke oomblik.

20150120_130711