Die talentvolle Ian Roberts met sy Radio Kalahari Orkes is weer terug met hul onbeheerstelike toonklap-musiek wat ruik, proe en klink na die veld, die lug en die ritme van ‘n windpomp in ‘n stowwerige landskap.   ‘n Mengelmoes van Rock & Roll, Ghoema, Latyns, Jazz en Afrikana wat harder skop as mampoer, jong! RKO bestaan uit die volgende musiekinstrumente: ‘n trekklavier, viool, penniefluitjies, kitare, bas, tromme, mondfluitjies en soms ook ‘n sitar.

Bespreek by Computicket of skakel 012 471 1700.