1 Maart, 19:30 – 21:30

R180 – R200

RADIO KALAHARI ORKES Stel Nuwe Album Vry – MAMBA!

RADIO KALAHARI ORKES het ’n splinternuwe album met die naam MAMBA! vrygestel – hul eerste amptelike album in 5 jaar. Die album is oor die laaste paar jare geskryf en opgeneem deur Dan Roberts by StoepStudios in Johannesburg.

RADIO KALAHARI ORKES (RKO) is ’n roots musiekgroep; opwekkingspredikers wat delf in die verlede (en rondom die wêreld) vir inspirasie, alhoewel die woorde oor die algemeen gewortel is in die hede. Hul mik vir musiek wat begin in jou voete en deur jou hart reis tot in jou kop. Die musikale progressie van RKO is organies; elke album is ’n testament van waar die skrywers hul bevind ten tye van opname, met die oog daarop om musiek te maak wat reflekteer waar ons op die oomblik in tyd is deur middel van liedjies wat op die oog af dateer vanaf ’n ander era. ’n Honderd Jaar Agter Die Tye – Maar Steeds Op Die Spoor.

Die skrywers: Rian Malan, Dan en Ian Roberts, en op MAMBA! ook skrywer en digter Jaco van der Merwe van Bittereinder. Elkeen het sy unieke stem wat met mekaar verenig in die onderwerp: Die lewens van die uiteenlopende mense en die land aan die Suidelike punt van hierdie kontinent waarop hulle hulself bevind. Die album bevat liedjies wat handel oor mites, histories staaltjies, politieke insigte, die sondes van ons vaders, liefdesverhoudinge van die Moot en ook tussendeur ’n bietjie komiese vermaak. Musikaal gesproke, glo RKO dat indien ’n liedjie jou nie laat dans of glimlag nie, moet dit jou laat huil en natuurlik is dit ’n bonus indien al drie op dieselfde tyd gebeur.

Die titel van die album, soos met al hul vorige albums ’n enkelwoord, MAMBA! is warm en wild; daar’s ’n skop in die klank van die woord en dis die onmiskenbare klank van Afrika (En natuurlik is dit ook ’n baie skrikwekkende, maar pragtige slang.). MAMBA! weerspieël ook die Trans Afrikaanse tema van sentrale liedjies soos Kilimajaro – ’n reis na die berg van die Maan, en Encantador – ’n Portugese Fado wat afspeel in Mosambiek tydens ’n rewolusie. MAMBA! bevat ook meer tale as net Afrikaans (Engels en Xhosa), en gypsy musiek is ook meer teenwoordig in vergelyking met hul vorige albums.

RKO is ’n Orkes vanaf die legendariese Radio Kalahari in Slangfontein, ’n plek wat ons nie heeltemal seker is bestaan nie, maar wat ons weet is diep binne die Kalahari. Laatnag wanneer jy reis deur sy stowwerige strate, mag jy dalk op die kanaal ver links op die radio knop afkom. Dit begin deur te klink soos spoke van ’n ander wêreld, en dan vul dit jou radio met klanke. Dis ’n plek waarheen jy in jou kop kan gaan. ’n Mitiese, alternatiewe wêreld waar jy kan wees wie jy wil wees. Dis ’n bietjie mal en onverklaarbaar.

“Ons het hard gewerk om getrou te bly aan ons missie om die voete, die hart en die kop te vermaak en terug te rapporteer en te skryf oor ons algemene ervaring hier op die Suidelike Punt. Luister na die album meer as een keer en die liedjies sal jou bekruip; dit is die teenoorgestelde van pop doef doef. Kry vir jou ’n lekker stuk biltong, ’n goeie mes en ’n bottel rooiwyn; sit dan terug en geniet die album.”

Atterburyteater