14 Junie 2018, 20:00 – 21:30
15 Junie 2018, 20:00 – 21:30

R200 – R250

Coenie de Villiers is terug met ’n nuwe album, en die vrystellingskonsert vind plaas by die Atterbury Teater op 14 en 15 Junie. Dis die einste konsert wat mense gaande gehad het by die KKNK; resensent Wim Vorster meen “dis ongetywfeld sy mooiste konsert”. Kitaar-maestro Mauritz Lotz sluit by hom op die verhoog aan, asook Brandon October en Leon Gropp. Die konsert word aangevul deur oudio-visuele materiaal deur Loui Griebenow (reg gespel!) en dis ’n album wat musiekgeskiedenis gaan wees – moet nie die eerste vrystelling en kopieë in ’n beperkte mark misloop nie!

14 Junie 2018, 20:00 – 21:30 Atterburyteater
15 Junie 2018, 20:00 – 21:30 Atterburyteater