3 Junie, 18:00 – 22:30

R290

Die wêreld se grootste fees van oorspronklike paal vertonings! As jy dink jy het al so iets gesien, dink weer! Die SA Paal Sport Federasie is meer as sewe jaar gelede gestig om die positiewe uitbouing van hierdie kuns en sport in SA aan te moedig. Meer as twintig suksesvolle nasionale kompetisies is al dwarsoor SA aangebied. Die Federasie is trots op die deelnemers wat SA reeds verteenwoordig het in hoogaangeskrewe internasionale kompetisies. Die eerste SA kompetisie is in 2016 aangebied en a.g.v. die reuse-sukses sal dit hierdie jaar as selfstandige kompetisie aangebied word. Daar het reeds meer as 45 deelnemers van Suid Afrika ingeskryf vir Paal Kuns SA 2017. Die kreatiwiteit, kuns en krag van hierdie atlete sal jou asem wegslaan!

Atterburyteater