En skilderye is swyende poësie… So het die Griekse filosoof Plutarchus oor die digkuns geskryf. Watter heerlikheid is digterlike woorde wat so beskrywend op die blad gerangskik staan dat ons ‘n hele tafereel voor ons oë sien afspeel! Lees verder en sien die prentjie ontvou in ons spesiale vakansiereeks oor digters en gedigte uit Atterbury se Capital Poetry Project.

 Oom Paul

Fred Boshoff

Kerkplein, vyfuur vroeg-oggend. Dis maar scary so vroeg.
Net ‘n vaalkat wat om hoeke glip. Die ou boemelaar op sy cardboardboks
laat wroeg in sy soeke na bietjie vrede, bietjie slaap.
Op ‘n ander hoek sit, tandloos, ‘n ou vrou
aan ’n 5-literboksdooswyn en suig en pruimpie kou –
mond tandloos ingetrek om ’n nat sig’ret.
Hare in slierte om haar voorkop gevou.
Wie’s die groepie daar? Dis sweerlik Oom Paul en sy hoekmanne –
hy verjaar. Wie’s die vrou wat so lekker lag? Dis Wilhelmina
in haar Hollandse prag. Wie gee die spiets? Dis Slim Jannie Smuts.
Vanaand loop die spoke weer wit van hierna Helde-akker
en hou die metropolisie wakker, want hulle verlang
na tye toe hulle kon bewe van die ritme van die lewe.
Hulle het nou vergeet van hom, Oom Paul.
Hy verjaar maar nou stil-stil. Afgeslyt en afgesluit in sy koue lyf.
Fluit-fluit, sy storie is uit. Net sy duiwe wat nog koer
en die hoer op die hoek van Kerkplein, vyfuur die oggend.

Oor die digter: Fred Boshoff het vroeer vanjaar sy debuut-solobundel, “Hologram van God” vrygestel. Hy is ‘n subredakteur by Pretoria East Rekord
Volg Fred op Facebook: https://www.facebook.com/fred.boshoff?fref=ts

for the woman known
only as “judy”

Natalia Molebatsi

spread on a tshwane
street corner
you made frontpage news
in skimpy clothes
meant for “seduction”
beaten by the cop
who should have
beaten those who eat you up

your body, so precious nonetheless
we read about you but know that soon
you will be forgotten behind some stinky, dingy motel room, back to work as usual

“why should we sympathise with prostitutes?”
asks the so called righteous woman

“get out there and do your thing or else”
says the greedy pimp

kwela-kwela for your pussy
and your cellphone and money
or else…” says the sick cop

“i’ll take your misery to the world”
says the photojournalist

“ag shame” says the woman who can’t help but will only ease your pain through her tears

“don’t you dare silence our bloody voice,”
screams the angry poet’s pen

“and then what?”
asks the goddess who silently screams
within the misery of judy’s life
the goddess in you and me, and her and them.
the goddesses between our legs plead
“her woman hole is a symbol of the whole she is, not the whore we named her”

Oorspronklik gepubliseer in: Sardo Dance, 2009. Johannesburg: Kopiereg: Natalia Molebatsi

Oor die digter: Natalia Molebatsi is ‘n skrywer, digter en “performance poet”, werkswinkelfasiliteerder en program-regisseur van Tembisa in Johannesburg. Sy is ook deel van ‘n interkontinentale jazz/funk orkes genaamd Soul Making. Haar digkuns-optredes was al te sien by verskeie kulturele feeste in Suid-Afrika, van die Mangaung African Cultural Festival in Bloemfontein tot die Night of the Poets by die Staatsteater en die Spoken Freedom Festival wat vroeër vanjaar by die Markteater plaasgevind het. Sy het Suid-Afrika ook verteenwoordig as deel van die kulturele program tydens die Londen Olimpiese Spele, en het ook al opgetree in onder meer Senegal, Kenia, Nigerië, Italië, Engeland en Holland. Sy was in 2010 die gasvrou by “Evening with Alice Walker” in die Staatsteater.

Sien hier vir Natalia en Soul Making in aksie: http://youtu.be/kljijsFkRoM

 

Vraag & Antwoord met die digter

Wat het die gedig geïnspireer?
Dit was ‘n nuusstorie oor ‘n sekswerker wat in ‘n koma was nadat ‘n polisieman haar aangerand het. Die storie op straat was dat hy geld van haar wou hê, haar foon wou hê, seks wou hê. Ek het net gevoel dis so ‘n klassieke voorbeeld van mag en magteloosheid, en waar mag amper altyd wegkom met moord. Ek wou dadelik ‘n gedig oor haar skryf, want ek het geweet ons sal so gou van haar vergeet, en dat sy haarself so gou weer presies op dieselfde plek sal terugbevind, in die lewe van ‘n sekswerker of ‘n vrou op vlug.

Wat is die boodskap wat wil jy uitstuur saam met hierdie baie intense gedig?
Die gedig gaan op die oppervlak oor polisiebrutaliteit, maar dis bedoel om ‘n stem te wees vir diegene wat magteloos gelaat word. Dit praat oor mag, dit spreek mag aan, en dis bowenal ‘n stem vir ‘n vrou soos ek en jy wat onveilig is, wat aangerand kan word deur haar lewensmaat, deur die winkelier, deur die polisieman wat veronderstel is om haar te beskerm, soos in hierdie geval. Hierdie geval spreek van die vrou wat onveilig is; en om ons veiligheid en ons spasie en ons plek in die stad waar ons woon en werk en lewe terug te eis, moet ons die posisie van iemand soos Judy erken – sy is magteloos, stemloos, naamloos en uitgeskuif na die rante van die samelewing. Sy is jonk, gesigloos, dikwels swart, dikwels arm, en dikwels sonder heenkome.

Wanneer het jy die gedig geskryf, en dink jy omstandighede in Tshwane het sedertdien verander?
Ek wou hê die gedig moet sy eie waarheid spreek. Ek is nie seker of enigiets verander het nie, maar ek weet dinge sal verander want hulle moet. Die gedig is in 2008 of 2009 geskryf en is gepubliseer in my eerste digbundel Sardo Dance in 2009.

Wat het jy gedink van die Cool Capital 2014 biennale en die Capital Poetry Project, met die gedigte oor die stad wat op plekmatjies gedruk en in restaurante gebruik is?
Ek dink dis ‘n kreatiewe mag wat in die stad se are moet indrup om meer woorde, musiek en kuns in die algemeen te inspireer in Pretoria, wat dikwels geassosieeer word met styfheid en ‘n statiese, onbeweeglike omgewing.