Welkom2024-03-01T15:36:31+02:00

Ons gee om vir studente

By Atterbury Trust glo ons in almal se potensiaal om hoë hoogtes te bereik, om die lewe voluit te lewe, om met talente te woeker. Dit is hoekom ons studiebeurse aan behoeftige jong mense met potensiaal toeken om hul drome te help bereik, nie net omdat ons kan nie, maar omdat ons wil.

Ons gee om vir opvoeding

By Atterbury Trust is studiebeurse nie al waarmee ons help nie. Baie behoeftige kinders in skole het basiese dinge soos kos, klere en gerieflike klaskamers nodig. Atterbury Trust se skoleprojekte help hiermee.

Ons gee om vir Afrikaans

Atterbury Trust ondersteun die bevordering van die Afrikaanse taal deur ondersteuning aan die Atterbury Teater, die Virtuele Instutuut vir Afrikaans (VivA) en Gelyke Kanse.

Ons gee om vir sorg met waardigheid

Atterbury Trust ondersteun Triomfkliniek in Pretoria-Wes. Hierdie fasiliteit, waar dokters hul tyd gratis verskaf, maak seker behoeftige pasiënte ontvang sorg met waardigheid.

Triomf Kliniek

Ons gee om vir kultuur

Kultuur lê ons na aan die hart by Atterbury Trust. Ons is trots dat Pretoria se Cool Capital Biënnale skole kunskompetisie, geborg deur die Atterbury Trust, so goed gevaar het dat dit Suid-Afrika by die Venesië Biënnale kon verteenwoordig. Atterbury Teater sorg vir van die beste vermaak in Gauteng, terwyl Groot FM 90.5 en die Groot Ontbyt, waarin ons ’n aandeel besit, Pretorianers lekker aan die luister hou en die hele land laat saamkyk. In Afrikaans!

Opvoeding

• Atterbury Trust studiebeurslenings
• Ondersteun behoeftige skole

Sorg met waardigheid

Gemeenskapsprojekte
• Triomfkliniek

Hulp wat werk
• Terugploeg

Kultuur

Beleggings
• Atterbury Teater
• GrootFM 90.5
• Laerskool Die Krans

Laai die Atterbury Trust 2023 boekie af

Raakvat-syfers

Studente (1994-2024)

  • 866 Beursleningstudente
  • 683 grade behaal
  • 144 huidige studente

MOI (2020-2024)

  • 82 Hoërskoolleerders
  • 14 Hoërskole in die wynlande
  • 20 Matrieks 2024 (2023: 2)

Triomf Kliniek (2014-2024)

  • 6 219 pasiënte
  • 122 klinieke in 2023
  • 22 Vrywilligerdokters en 14 geaffilieerde mediese personeel

Terugploeg (2020-2024)

  • Meer as 605 ton landbouprodukte uitgedeel
  • Meer as 2,42 miljoen etes
  • 105 Organisasies word ondersteun
  • Beeste in Rustenburg, Bela Bela en Askham met Boersaam gevestig
  • Terugploeggebou en vleisverwerkingsfasiliteit voltooi
  • 11 Permanente werksgeleenthede geskep
  • Terugploeg Karwas (The Club) – meer as 200 karre per maand gewas.
  • Die Bosveld fietsry- en staproete by Firstland

Atterbury Teater (2011-2024)

  • 3 000 vertonings
  • 1 miljoen besoekers

Ad-hoc projekte

  • Verskeie welwillendheidsprojekte sedert 2013 in samewerking met mediavennoot GrootFM 90.5
  • Jaarlikse Atterbury Nasionale Klavierkompetisie (sedert 2011)
  • Projekbestuur van Trust vir Afrikaanse Onderwys se infrastruktuur-projekte by Afrikaanse skole: 17 projekte onderweg
  • Survivors gholfdag – administratiewe en finansiële bestuur
  • Aardklop teaterborgskap
  • Karoo Suite – opvoedingsgeleenthede vir kinders uit die Karoo in samewerking met Coenie de Villiers en Deon Meyer
  • Inani Startwell groeibelemmeringsprojek

Terugploeg – hulp wat werk

Daar is ’n nuwe projek onder die vaandel van die Atterbury Trust van stapel gestuur wat broodnodige voedsel aan behoeftige Afrikaanse gemeenskappe versprei. Terugploeg, die naam van hierdie inisiatief sê eintlik alles.

Atterbury Trust Nuus

Opvoeding, kultuur, die bevordering van Afrikaans en sorg met waardigheid vir minderbevoorregte Afrikaanse mense… dit is die vier wiele waarop die Atterbury Trust loop

Atterbury Foundation

Atterbury Property Foundation NPC is in 2007 as ’n nie-winsgewende organisasie in tandem met Atterbury Trust gestig. Hierdie entiteit werk in vennootskap saam met voorheen-benadeelde gemeenskappe om opheffingsprojekte te skep.

Title

Go to Top