25 Februarie, 15:00 – 16:30
25
Februarie, 20:00 – 21:30
26
Februarie, 17:00 – 18:30

R150 – R170

Tobie Cronjé en Gerben Kamper is twee knorrige Ooms wat tot hul spyt saam in ’n ouetehuis beland. Maar hierdie is nie ʼn gewone ouetehuis nie, dis eerder ʼn tipe verbeteringskool vir skatryk oues wat lastig geword het of uit ander instansies geskors is. Die tehuis is op ʼn luukse landgoed iewers in die Kaap langs die see. Dit is omhein soos ʼn tronk met wagte en selfs honde. Al manier hoe jy ‘vrywillig’ uit Huis Phoenix uitkom, is in ʼn doodskis.

Pierre (Tobie Cronjé) is al ʼn hele ruk hier en het ʼn paar keer al probeer ontsnap. Hy is die swartskaap en word deurgaans dopgehou. Frans (Gerben Kamper) het sopas daar aangeland, glo geskors uit huis Silwerkruin oor sy onhebbelike gedrag en nóú begin die poppe dans! Die ooms stamp uit die staanspoor kop, maar besef gou dis nie “ons teen mekaar nie” … dis eerder “ons teen die kinders!” Hierdie ooms sal nét mandjies vleg en tolletjiebrei as dit deel uitmaak van ʼn indrukwekkende ontsappingsplan! Hulle het nog lank nie boedel oorgegee nie. Die Ooms is snaaks, slim en klaargepraat!

25 Februarie, 15:00Atterburyteater
25 Februarie, 20:00Atterburyteater
26 FebruarieAtterburyteater