‘n Handvol van Beyers Bytjies se maatjies vertel wat hulle die meeste geniet.

NEO

neoHoe oud is jy? Ek is ses jaar oud.

Wat is jou gunsteling liedjie? Jesus Loves Me.

Jou gunsteling kleur? Pers en groen.

Wat eet jy die graagste? Ek is mal oor KFC, Mamma koop amper elke dag vir my daarvan.

Jou gunsteling storie? Die een van David en Goliat.

Wat doen jy die graagste by die skool? Ek hou baie daarvan om legkaarte te bou.

 

IQY

iqyHoe oud is jy? Ek is vyf.

Wat is jou gunsteling liedjie? Vader Jakob.

Jou gunsteling kleur? Blou.

Wat eet jy die graagste? Ek hou baie van braaivleis.

Jou gunsteling storie? Die drie varkies.

Wat doen jy die graagste by die skool? Ek speel die graagste met die boublokke en swaai ook baie graag.

 

MUSA EN KAMOGELA

musaMUSA

Hoe oud is jy? Ek is ses.

Wat is jou gunsteling liedjie? One Two Buckle My Shoe.

Jou gunsteling kleur? Pienk.

Wat eet jy die graagste? Ek eet baie, baie graag pizza.

Jou gunsteling storie? Little Red Riding Hood.

Wat doen jy die graagste by die skool? Ek hou baie van klei speel en om allerhande vorms met klei te maak.

 

KAMOGELO

Hoe oud is jy? Vyf! Ek is een van ‘n identiese tweeling. My sussie se naam is Amogelang.

Wat is jou gunsteling liedjie? Building up the Temple.

Jou gunsteling kleur? Pienk.

Wat eet jy die graagste? Hamburgers.

Jou gunsteling storie? Jan en die Boontjierank.

Wat doen jy die graagste by die skool? Ek teken baie graag mooi prentjies vir my juffrou en mamma en pappa.

ETHAN

ethanHoe oud is jy? Vyf.

Wat is jou gunsteling liedjie? Jannie Jy Moet Skool Toe Gaan.

Jou gunsteling kleur? Rooi.

Wat eet jy die graagste? Toasted cheese broodjies is al wat ek graag eet, maar mamma sê ek moet ander kos ook eet.

Jou gunsteling storie? Die een oor die gemmerkoekmannetjie.

Wat doen jy die graagste by die skool? Ek speel graag met die boublokke en karre.