Studentefunksie by die Klubhuis
27 Februarie 2024

Ons jongste groep Pretoria beurshouers is in die Atterbury Trust-familie verwelkom by ons jaarlikse studentefunksie by die Klubhuis. Ons ondersteun vanjaar 140 studente, en verwelkom alle donasies om drome waar te maak.

Vind meer uit as jy wil help: https://bit.ly/3grry2A
Thanks a mil!
Versnit 2024
27 Januarie 2024

Enige versnit se mengsel is net soos goed soos die gehalte van die onderliggende elemente. Van toepassing op Versnit 2024, beteken dit beslis dat dié magiese aand se vermenging van die geselskap van vriende wat omgee, Rust en Vrede se wyn en ’n vertoning deur ons land se allerbeste kunstenaars maklik kon kers vashou by enigiets wat mens oorsee kan ervaar. Eintlik meer so, aangesien die ligging en harte wat oopmaak op die maat van musiek sekerlik nêrens anders gevind kan word nie.

Bekende sterre soos Elvis Blue, Karen Zoid, Claire Johnston, Ruhan du Toit en die vyf-Grammy Toekenning-wennende Ladysmith Black Mambazo, almal saam op een verhoog aan die hange van die Helderberg, gebeur mos nie elke dag nie.

Samesyn en saamsing was aan die orde van die dag toe die Vriende van Versnit teen sonsondergang op die grasperk voor Rust en Vrede se herehuis kon bymekaarkom om hierdie jaar se vertoning te kon meeleef.

Maar dit is beslis nie al nie. Die mense wat Versnit 2024 kon bywoon, gee ook om en dít maak al die verskil. Noemenswaardige bydraes deur hierdie groep help Atterbury Trust om ’n menigte ondersteunings-projekte gemik om minder welgesteldes te kan onderhou. As jy ook wil bydra, klik op die Atterbury Trust Donasiewinkel-skakel hier onder, want ons weet jy gee ook om.

https://bit.ly/Donasiewinkel

Survivors gholfdag 2024
5 Desember 2023

Meer as ’n miljoen rand is ingesamel by die 9de jaarlikse Survivors gholfdag, wat Gerhard vd Westhuizen en Rayno Strauss begin het om kankerpasiënte te help met mediese onkoste en ander liefdadigheidswerk. Baie dankie vir die skenking van R150 000 hiervan aan die Trust!

Koshuise beïndruk in eerste Atterbury Trust A Cappella-kompetisie
3 Oktober 2023

Vyf koshuise, vyf beoordelaars, en ’n splinternuwe a cappellakompetisie. Geluk aan Kasteel-dameskoshuis van #NWU wat die groot prys gewen het; en gehoorgunsteling #UPTuks se Huis Madelief.

Terugploeg se Boomplantdag
18 September 2023

Só maak mens ’n positiewe verskil en help om ons stad op te bou! Tshwane burgemeester Cilliers Brink het kom hand bysit om 40 sitrusbome by Terugploeg Boomplantdag in ons boord te plant in samewerking met GrootFM & Plantland.

Saam boer ons volhoubaar vooruit!

#HulpWatWerk
#AtterburyTrust25

Gholfdag samel R500 000 in vir Terugploeg
8 September 2023
Baie dankie aan EKM Exports vir die saamwerk aan die Terugploeg gholfdag wat dié week by Silverlakes gehou is. Gholf, lekker versnaperinge en ’n veiling van geskenkte groente & vrugte, en ’n Terugploegvers en kalf, het saam met donasies R500k vir Terugploeg ingesamel!
#HulpWatWerk
#AtterburyTrust25

18 Julie 2022
’n Aand van Omgee

Atterbury Trust vier 25 jaar van welwillendheid

As deel van Atterbury Trust se 25ste bestaansjaar-vieringe is die Vriende van Atterbury Trust uitgenooi na ’n aand van omgee in Atterbury Teater. Uitvoerende trustee Zahn Hulme het die verrigtinge op ’n gepaste wyse met ’n terugblik na alles wat al reggekry is begin. Sy het ook die inspirerende visie van die trust vir die volgende 25 jaar met ’n volgepakte teater gedeel.

’n Aangedane Louis van der Watt, oprigtertrustee van Atterbury Trust en hoof uitvoerende beampte van Atterbury Groep, het vertel hoe die mense van Atterbury se Pretoria altyd regstaan om te help. In hierdie gebied is omgee werklik ’n werkwoord, want die mense hier spring gereeld in en ondersteun die trust om ander te kan help met woord, daad en kontant.

Zahn en Louis het die feit benadruk dat sonder weldoeners se materiële ondersteuning, die trust se doelwitte nie bereik kan word nie. Alle donateurs en ondersteuners is hartlik bedank vir hulle goedhartigheid.

Met toesprake gelewer en video’s gespeel, was dit tyd vir ’n musiekvertoning van wêreldklas deur Lize Beekman en die altyd innemende Stef Bos. Hulle het die trust se goue draad van hulp aan dié van ons wat dit die nodigste het deurgaans met sang, pragtige klavierspel en vreugde uitbasuin.

Die gehoor het hard handegeklap, gelag en dalk ook ’n traan of twee moes wegvee van tevredenheid, want ons weet die mense wat hiérdie aand saam met Atterbury Trust gedeel het, gee ook om.

19 Januarie 2023
Alles wat MOI is
22 November 2022

MOI Leerdersberaad

4 November 2022
 

Danksy Dis-Chem Castle Gate kan ons menige gestremdes help

29 September 2022

Triomfantelik Vrouwees “make-over” vertoning

18 Julie 2022
Boersaam word bekendgestel – die toekoms van Terugploeg
Pas geloods in Rustenburg: Boersaam – ’n befondsingsinisiatief om Terugploeg volhoubaar te maak op die lang termyn! Koop ’n bees as deel van die Terugploegkudde by deelnemende beeskrale, hopelik eersdaags regoor die land. Soos hul aanteel, verkoop ons die beeste en befonds Terugploegaksies met die opbrengs, en siedaar… meer kos vir behoeftiges! Ons nooi almal om deel te neem, terug te ploeg, saam te boer! Vind uit hoe om deel te neem: https://terugploeg.org
22 April 2022

Saamploeg met Terugploeg vir Madibadag
Die tema vir Madibadag 2022: “Doen wat jy kan, met wat jy het, waar jy is”.

AtterburyProperty, Atterbury Teater/Theatre, GROOTfm 90.5 en die hele Atterburyfamilie het by Terugploeg kom saamploeg: vleis verpak (dankie Uitkyk Vleis en Supermark vir 240kg vleis!), 11 000 groenteplantjie geplant (dankie, EATYourGreens), geskenkte klere gesorteer en verpak en karre gewas.

12 April 2022
Terugploeg vir die maand van Paasfees
Ons is so dankbaar vir ons skenkerboere wat vandeesweek teruggeploeg het met 24 ton meel en groente vir Terugploeg. Ons kon hierdie afgelope week reeds 22 ton kos uitdeel, oftewel ’n wonderlike 88 000 porsies! Ons kon met vol hande besoek aflê by Laerskool Hennopspark en die Loerie Jeugsentrum in Bronkhorstspruit, en het ook vir die eerste keer in Rustenburg gaan terugploeg, by Laerskool Vastrap, Rusoord Ouetehuis, Huis Sering Ouetehuis en Môrester Child and Youth Care Centre. Ons nuwe Terugploeg hoofkantoor is ‘n bynes van aktiwiteit soos welsynsorganisasies se bakkies verbykom om van hierdie oorvloed voedsame vars kos te kom oplaai. Dankie aan Tusk vir die meel en die groot harte in Groblersdal vir die vars groente. Saam kan ons so baie doen – wat ‘n vreugde so kort voor Paasfees!
4 April 2022
Internasionale Doktersdag by Triomf Kliniek
Op 30 Maart is Internasionale Doktersdag ook by Triomf Kliniek gevier. Op hierdie dag word dokters wêreldwyd bedank vir hul werk in die gemeenskap en ons kan nie dink aan ’n meer verdienstelike groep as die medici wat vrywillig hulle tyd afstaan om Triomf Kliniek se pasiënte te help nie. Gespesialiseerde lasertoerusting ter waarde van R1,5 miljoen is deur Triomf se stigterdokter, die voorste dermatoloog Dr Marc Roscher, geskenk en ook op dié dag in ontvangs geneem. Nou sal die mense van Pretoria-Wes baat by nog ’n spesialiskliniek vir die behandeling van littekens en brandwonde.