28 Julie 2018, 18:30 – 20:30

R150

Eddie Malan het groot geword in ’n tyd toe musiek modes, taalgebruik en gedrag sterk beïnvloed het. Gospel musiek het toe ook begin wegbeweeg van die tradisionele weergawe van kerk liedere,na die meer kontemporêre en toe na die modern weergawes. Hiedie vertoning beoog ’n reis terug na die kontemporêre, die era van Ron Konoly, Bishop Carlton Pearson en Chris Willis.

In Eersterus, hier lokaal, bied dit ’n blik op groepe soos Inspirations, Heart Soul and Spirit, Frontline en die PPC en ASFM kore. Kom reis saam deur lofsang en aanbidding met liedere soos “He will carry you”, “Champion of Love” en “Hallowed be your Name”, om nie die Afrikaanse liedere soos, “More sal die son weer skyn”, “Daar is Niemand soos Jesus” en vele meer, te vergeet nie.

28 Julie 2018, 18:30 – 20:30 Atterburyteater