“Old friends – A tribute to Simon and Garfunkel” is ‘n vertoning gewy aan die musiek van Paul Simon en Art Garfunkel, die legendariese folk-duo van New York in die 1960’s en 1970’s. Hulle was bekend vir hul profetiese lirieke oor die stadslewe, hulle sagte en melodieuse harmonieë en hul herkenbare liedjies. Die produksie gee nuwe lewe aan bekende musiek, en vertel ook die storie agter die legende van Simon & Garfunkel. Die vertoning word gelei deur ‘n jong duo genaamd Marcato (Ben van Zyl en Pieter Smit), wie se verwerkings van die musiek vir ou en nuwe volgelinge van Simon & Garfunkel hoendervleis sal gee. Hulle word ondersteun deur ‘n groep talentvolle en gevestigde musikante van Storm Produktionz. Mel Botes en Richard H. Nosworthy is die bekroonde vervaardigers/regisseurs van die produksie.

http://www.atterburyteater.co.za/event/dan-patlansky-live-2/