Die wêreldbekende kamerkoor, Akustika Chamber Singers, in samewerking met Suid Afrika se SAMA-bekroonde kitaarduo CH2, bied op 25 en 26 September 2014 “Night of a dying sun” aan. Hierdie musiekproduksie beloof om een van die mees gesogste kommersiële produksies te wees van die jaar. Akustika se reuse sukses met uitverkoopte vertonings in 2013, het die ontdekkingstog teweeg gebring na die kombinasie van koor en elektroniese musiek. Die musiek sluit bekende liedere in van Enigma, Café del Mar, Evanescence, Gregorian masters of chant, Enya, Dead can Dance asook CH2. Elektroniese musiek-ritmes, noukeurig behartig deur die Fransman, DJ Xavier, word ondersteun deur Christo Burger (Klavier en Klawerbord) asook CH2 (Kitare en Perkussie). Vertonings vir albei aande begin om 20:00.